Nuutgepubliseerde Buite-Pasiënt Studie Bevind dat die Kombinasie van Sink, Hydroxychloroquine en Azithromycin Direk Gekoppel is aan Minder Hospitaalopnames en Sterftes in COVID-19-Pasiënte

Afrikaans

Die studie rapporteer ’n aansienlike lae sterftesyfer van 0.71% in behandelde pasiënte met bevestigde positiewe gevalle van COVID-19

Find this article in English and other languages here.
Find the direct link for download here.


The Use of Zinc, Hydroxychloroquine, and Azithromycin are Associated with Less Death in COVID-19 Patients, a New Study Finds
The study reports a very low fatality rate of 0.71% in treated patients with confirmed positive cases of COVID-19.
English Version

New York, NY 2 Julie 2020 – Dr Vladimir Zelenko, ’n New York-gebaseerde primêre sorg geneesheer, het vandag aangekondig dat ’n retrospektiewe studie ten opsigte van sy pasiënte se data-ontleding, aanlyn beskikbaar is by www.TheZelenkoProtocol.com . Hierdie studie wat vir portuurbeoordeling voorgelê is, het bevind dat vroeë intervensie en behandeling van risiko-gestratifiseerde COVID-19-pasiënte, in ’n buite-pasiënt omgewing, ’n vyfvoudige vermindering in hospitaalopnames en sterftes tot gevolg gehad het. Die behandeling het uit sink, ‘n lae dosis hydroxychloroquine en azithromycin bestaan.
Vorige studies van COVID-19-behandelings is hoofsaaklik gebaseer op pasiënte wat ernstig siek was in ’n hospitaal omgewing, insluitend diegene in intensiewe sorg met meganiese ventilasie. Inteendeel, het hierdie studie uitkomste ondersoek wat voortspruit uit die vroeë behandeling van pasiënte na hul eerste doktersbesoek. Deur eenvoudige risiko-gestratifiseerde kriteria te gebruik, het Zelenko dié pasiënte geïdentifiseer wie drievoudige voorskrifbehandeling-terapie benodig en dan die medikasie vir vyf dae voorgeskryf.


Die hoof resultate toon dat uit die 141 pasiënte wat met die drievoudige-terapie behandel is, is slegs 2.8% (4/141) gehospitaliseer teenoor 15.4% van die onbehandelde beheergroep (38/377) (waarskynlikheidsverhouding 0.16, 95% CI 0.06-0.5;p<0.001). Slegs 0.71% (1/141) van die pasiënte in die behandelingsgroep het gesterf teenoor 3.5% (13/377) in die onbehandelde groep (waarskynlikheidsverhouding 0.2, 95% CI 0.03-1.5; p=0.16).


Om hierdie retrospektiewe analise en studie te produseer, het Zelenko met dr. Roland Derwand, ’n Duitse mediese dokter en lewenswetenskap-deskundige, asook prof. Martin Scholz, ‘n onafhanklike konsultant en ereprofessor vir eksperimentele medikasie verbonde aan die Heinrich Heine University in Düsseldorf, Duitsland, saamgewerk. Derwand en Scholz het eerste melding gemaak van die Zelenko-protokol in ’n wetenskaplike artikel, met hul onlangs-gepubliseerde hipotese oor die moontlike belangrikheid van die kombinering van sink met ‘n lae dosis hydroxychloroquine as ‘n metode om COVID-19 te behandel. Derwand en Scholz het ook die data-ontleding uitgevoer en die skryf van hierdie studie gelei, terwyl Zelenko alle persoonlike behandelings hanteer het.
“Wat hierdie studie so uniek maak, is dat pasiënte reeds baie vroeg met COVID-19 in ’n buite-pasiënt omgewing gediagnoseer is en reeds vroeg behandel is,” vertel Derwand. “Ongelukkig, blyk dit dat ons basiese mediese kennis vergeet het – dat ons enige pasiënt met ‘n oordraagbare siekte so gou moontlik wil behandel. Zelenko het sy risiko- gestratifiseerde pasiënte dadelik met die drie medikasies behandel om die voldoende doeltreffendheid te verseker en het nie gewag dat die siekte eers verder ontwikkel nie.”
“Dit is ongelukkig en kommerwekkend dat meeste van die mediadekking rondom hydroxychloroquine so negatief is,” gaan Zelenko voort. “Hierdie drie medikasies is bekostigbaar, beskikbaar in ’n pil vorm en werk in samewerking teen COVID-19. Hierdie regimen werk en dit is toevallig die enigste pre-hospitaal behandeling wat goeie resultate toon.”
“Hydroxychloroquine se hoof funksie is om sink toe te laat om die sel binne te dring, terwyl sink ‘n virus-doder is,” voeg Zelenko by. “Azithromycin voorkom sekondêre bakteriële infeksie in die longe en verminder die risiko van pulmonale komplikasies. Sink is dus die koeël, hydroxychloroquine is die geweer en azithromycin is die koeëlvaste baadjie.”
“Hierdie is die eerste studie met COVID-19-buite-pasiënte wat toon hoe ’n buite-pasiënt risikostratifikasie wat eenvoudig is om uit te voer, spoedige behandelingsbesluite toelaat kort na die aanvang van simptome,” sê Professor Scholz. “Die goed verdraagbare 5-dag drievoudige terapie het aansienlike laer hospitaalopnames tot gevolg gehad en baie minder sterftes met geen aangemelde kardiale newe-effekte nie, in vergelyking met relevante publieke verwysingsdata van onbehandelde pasiënte. Die geweldige hoeveelheid resultate kan die noodsaaklikheid van vroeë behandeling van ’n lae dosis hydroxychloroquine, veral in kombinasie met sink, aansienlik verhoog. Hierdie data kan gebruik word om die voortdurende pandemie se reaksie beleide, sowel as toekomstige kliniese proewe, deeglik in te lig.”

Oor dr. Roland Derwand

Derwand is gebaseer in Munich en is ’n mediese dokter en lewenswetenskap-deskundige met ongeveer 20 jaar ondervinding. Hy is huidiglik hoof van die departement van mediese sake van ’n VS-biotegniese maatskappy in Duitsland. Sy betrokkenheid en bydrae tot hierdie studie is privaat en onafhanklik. Hy het voorheen verskeie posisies in beide die apteek- en biotegniese industries beklee met nasionale, Europese, asook internasionale verantwoordelikhede. Hy het ‘n MD graad aan die Johannes Gutenburg
University in Mainz, Duitsland, ’n MBA aan die PFH Private University of Applied Sciences in Göttingen, Duitsland, en ’n doktoraal in kardiovaskulêre fisiologie verwerf.

Oor prof. dr. Martin Scholz

Scholz het ’n doktorale graad (PhD) aan die Johann Wolfgang Goethe University in Frankfurt am Main, Duitsland, verwerf en is ’n ereprofessor vir eksperimentele medisyne by die Heinrich Heine University in Düsseldorf. Hy dien ook as besturende direkteur by die maatskapy. Voor dit het Scholz as die hoof wetenskaplike beampte op die uitvoerende raad van LEUKOCARE AG, ’n biotegniese maatskappy, gedien wat hy in 2001 gestig het. Scholz het die titel “professor honoris causa” by die Faculty of Medicine Marilia (FAMEMA) in São Paulo, Brasilië, ontvang.

Oor dr. Vladimir Zelenko

Zelenko het in 2000 vanaf SUNY by die Buffalo School of Medicine gegradueer. Hy is raad-gesertifiseer in Gesinsgeneeskunde en is die mediese direkteur by die Monsey Family Medical Center.


As u wil bydra tot die projek deur die materiaal van Dr. Zelenko in ander tale te vertaal, kontak ons ​​gerus by
contact@internetprotocol.co.

Besoek gerus as u meer inligting wil hê
www.thezelenkoprotocol.com.

Stuur 'n e-pos vir media-versoeke countermediarelations@gmail.com.